wendy
June 15, 2021
0 Comment
Rustig, veilig en akkommoderend.
Ons was ‘n groep van 4 volwassenes, 3 kinders, 3 kleinerige honde, 3 sleepvoertuie en 3 sleepwaens. Summerhill Gasteplaas was bereid om ons te akkommodeer. Die verblyf is baie gerieflik en is soos daar geadverteer word. ‘n Swembad en groot tuin gee ‘n rustigheid en ruimte wat vir kinders en ouers heerlik is om te geniet. Die ontbyt die volgende oggend voordat ons vertrek het, was regtig die moeite werd en uit die boonste rakke. Persone wat op ‘n streng begroting werk, mag dalk die tariewe hoog vind, maar die ekstras wat Summerhill bied wat die pragtige omgewing, veiligheid, ruimte, swembad, tuin en voëllewe betref, maak dit die geld werd.