Johan Visser (June 2021)

Wat ‘n wonderlike tyd het ons gehad op ons vakansie saam met Wendy en Bob. Ons het van dag een af net lekker ontspan en gekuier. Elke dag is ons seuns van 5 en 7 vroeg al uit om al die diere te gaan hallo sê en Oom Bob te help eiers uithaal. Hulle was nie een oomblik verveeld nie en het die swembad en sy plaaslike Kolgans baie geniet. Ons het elke oggend die lekkerste ontbyt gehad, en wat nog lekker was, is dat die personeel baie vriendelik en behulpsaam was. Jy het ook nie heeltyd in die personeel vasgekyk nie en kon jouself wees. Ek sal beslis weer gaan oorbly as ek in die omgewing is.

Leave a comment